Psalms 21:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 O יהוה, die koning sal bly wees in U sterkte en in U verlossing sal hy hom grootliks verbly!

2. U het vir hom sy hartsbegeerte gegee en die versoeke van sy lippe nie teruggehou nie,

3. want U seën hom met goeie dinge; U sit ’n kosbare kroon op sy kop.

4. Hy het van U lewe gevra, U het dit vir hom gegee; lengte van dae, vir ewig en ewig.

5. Sy lof en eer is groot deur U verlossing; prag en praal en majesteit het U op hom gelê,

Psalms 21