Psalms 18:39-50 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. want U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders aan my onderwerp.

40. U het ook my vyande voor my uit verslaan sodat ek dié wat my haat kon stilmaak.

41. Hulle het geroep om hulp, maar daar was niemand om te red nie; tot יהוה, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

42. Toe het ek hulle fyn gemaal soos stof voor die wind; ek het oor hulle gestap soos die vuilgoed van die strate.

43. U sal my red uit die oordele van die volke; U sal my aan die hoof stel van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, sal my dien,

44. sodra hulle van my hoor sal hulle my gehoorsaam, vreemdelinge sal hulleself aan my onderwerp.

45. Vreemdelinge sal stop en verhinder word om op hulle pad te loop.

46. יהוה leef. Geseënd is die Een wat aan my krag gee; laat my God en my Verlosser hoog opgelig word!

47. Die God wat namens my wraak neem en volke aan my onderwerp;

48. Hy bevry my van my vyande; sekerlik lig U my op bo die wat teen my opstaan; U red my van wettelose mense;2 Sh'm 22:50; Rom 15:9

49. daarom wil ek U onder die nasies met uitgestrekte hande loof en prys, o יהוה en tot eer van U Naam (Karakter en Outoriteit) wil ek sing en musiek maak.

50. Hy gee groot bevryding aan Sy koning en wys liefdevolle goedheid aan Sy gesalfde, aan Dawid en sy nageslag vir ewig.”

Psalms 18