Psalms 18:26-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. met die reine wys U Uself rein, maar van die valse draai U weg,

27. want U verlos die geteisterde volk, maar verneder die trotses,

28. want U steek my lamp aan; יהוה, my God, verlig my duisternis,

29. want met U kan ek ’n bende rowers stormloop en met my God kan ek oor ’n muur spring.

30. Wat God betref: die pad van God is skuldloos; die boodskap van יהוה is suiwer; Hy is ’n Hulp vir almal wat op Hom vertrou,

31. want wie is god buiten יהוה en wie is magtig soos ons God?

32. Die God wat my met krag omgord en my pad volmaak maak;

33. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op hoë plekke;

34. Hy leer my hande om oorlog te voer en versterk my arms soos ’n koper boog.

Psalms 18