Psalms 18:19-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hy het my uitgelei na ’n aangename plek; Hy het my gered, want Hy het Hom oor my verheug.

20. יהוה het my beloon volgens my onpartydige opregtheid; Hy het my vergeld volgens die reinheid van my hande,

21. want ek het die lewenswyses van יהוה gehou en nie in opstand gekom teen my God nie,

22. want al Sy oordele was voor my en Sy wette het ek nie van my verwyder nie.

23. Ek was ook skuldloos by Hom en het myself versigtig weerhou van my wetsoortreding;

Psalms 18