1. Vir die musiekleier; van Dawid, die dienskneg van יהוה, wat die woorde van hierdie lied tot יהוה gesê het op die dag toe יהוה hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Sha’ul. 2 Hy het gesê: “Ek het U lief, יהוה, my Sterkte en Vertroue.
2. יהוה is my Rots, my Vesting en my Bevryder. My Magtige God is my Helper by wie ek skuil, my Skild en die Horing van my verlossing, my Vesting.