Psalms 16:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ek sal יהוה, wat my raad gegee het, loof; inderdaad onderrig my verstand my in die nag.Hand 2:24,25

8. Ek stel יהוה voortdurend voor my. Omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie geskud word nie;

9. daarom is my verstand, wil en emosie bly en my lof en eer juig; my vlees sal ook in veiligheid bly,Yog 20:10; Hand 13:35

10. want U sal nie my lewe aan Sh’ol oorgee nie en ook nie U Afgesonderde Een verderwing laat smaak nie.

Psalms 16