4. sodat my verstand, wil en emosie nie neig na bose dinge en booshede doen saam met manne wat boosheid bewerk nie; laat my nie sout saam met hulle eet nie.
5. Laat die regverdige my leer en my tugtig; laat die olie van die bose nie my kop salf nie, aangesien my gebed teen hulle booshede was.
6. Wanneer hulle regters deur ’n sterk hand gestop word, sal hulle na my woorde luister, want hulle is soet.
7. Soos die ploegskaar die grond verstrooi, laat hulle beendere gestrooi word by die mond van die graf.
8. Ek het my oë na U toe opgelig, יהוה, Meester; ek het in U vertrou, moenie my lewe verwerp nie!
9. Bewaar my van die hand van die trotse, want hulle het strikke vir my gespan.