Psalms 141:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, ek roep uit na U; maak gou om my te antwoord; draai U oor na my woorde en aanvaar hulle.

2. Laat my gebed voor U wees soos wierook en die oplig van my hande soos die aandoffer.Ya’a 1:26

3. Stel ’n wag voor my mond, o יהוה, bewaar die deur van my lippe

4. sodat my verstand, wil en emosie nie neig na bose dinge en booshede doen saam met manne wat boosheid bewerk nie; laat my nie sout saam met hulle eet nie.

Psalms 141