Psalms 130:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. As U, o Yah, permissiwiteit sou opskryf, o יהוה, wie sal staande bly?

4. Omdat vergifnis van U af kom, kan U respekvol gevrees word.

5. Ek vertrou in יהוה; my lewe wag vir Sy Boodskap.

6. Ek het gewag op יהוה vanaf die oggendwag tot die aandwag toe.

7. Laat Yisra’el met versekerde verwagting wag op יהוה; vanaf יהוה kom goedheid en oorvloedige bevryding.

8. Hy sal Yisra’el loskoop uit al sy boosheid.

Psalms 130