Psalms 112:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Vir die opregtes skyn daar ’n lig in die duisternis. Hy het onverdiende guns en is vol omgee vir die regverdige.

5. Gelukkig is die man wat omgee wys en eenheid bring; hy sal sy sake met oordeel bestuur.

6. Hy sal sekerlik vir ewig nie beweeg word nie; die regverdige sal vir ewig onthou word.

7. Hy sal nie vrees vir slegte tyding nie; sy verstand, wil en emosie is vasgestel, vertrouend op יהוה.

8. Sy verstand, wil en emosie word versterk, hy sal nie vrees nie totdat hy op sy teëstanders neersien.2 Kor 9:9 sy horing sal opgelig word in eer.

9. Hy het vryelik uitgegee, hy het vir die armes gegee; sy onpartydige opregtheid duur vir ewig en ewig;

10. Die bose sal dit sien en is omgekrap; hy sal sy tande kners en wegsmelt; die begeerte van die bose sal vernietig word.

Psalms 112