Psalms 112:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof Yah helder en duidelik! Gelukkig is die man wat יהוה respekvol vrees, wat blymoedig gehoorsaam is aan Sy opdragte.

2. Sy nageslag sal magtig wees op die aarde; hy sal geseënd wees in die geslag van die opregte.

3. Oorvloed en rykdom sal in sy huis wees en sy onpartydige opregtheid duur vir ewig.

4. Vir die opregtes skyn daar ’n lig in die duisternis. Hy het onverdiende guns en is vol omgee vir die regverdige.

Psalms 112