1. Ná hierdie dinge het ek die klank van baie menigtes in die hemel gehoor wat sê: “Lofprys יהוה helder en duidelik! (Halleluyah!) Die loskoping, eer, lof, aanbidding en krag behoort aan ons God,
2. want Sy oordele is waar, onpartydig opreg omdat Hy die groot hoer veroordeel het, wat die aarde met haar hoereerdery korrup gemaak het en Hy het die bloed van Sy slawe van haar hande geëis.”
3. Vir die tweede maal het hulle gesê: “Lofprys יהוה helder en duidelik! (Halleluyah!) Haar rook styg op vir tydlose ewigheid.”
4. Die vier en twintig ouderlinge en die vier wesens het neergeval en ons God, wat op die troon sit, aanbid en gesê: “Dit is waar! Lofprys יהוה alleen!”
5. ’n Stem vanaf die troon het gesê: “Lofprys ons God, al Sy werke en aanbidders van Sy Karakter en Outoriteit (Naam), almal, klein en groot!”Yeg 1:24 wat sê: “Lofprys יהוה alleen, want יהוה-God, wat alles vashou, heers.Ps 103:19; Ps 145:13; Yes 2:2-4; Yes 9:5-6; Yes 11:6-9; Mik 4:1-4
6. Ek het ’n geluid gehoor soos die van ’n groot menigte, soos die geluid van baie water en soos die geluid van magtige donderslaeYes 62:4-5; Yog 3:28-30 en Sy vrou het haarself gereed gemaak.
7. Ons verheug ons en vier fees. Ons gee aan Hom die eer, lof en aanbidding, want die bruilof van die Lam het gekom
8. Skoon en glansende fyn linne is aan haar gegee om aan te trek, want fyn linne is die opregtheid van die afgesonderdes.”
9. Hulle sê vir my: “Skryf: geseënd is die wat geroep is na die feesmaal by die bruilof van die Lam.” Een sê vir my: “Hierdie is die ware boodskap van God.”
10. Ek het voor sy voete neergeval en hom aanbid en hy het vir my gesê: “Nee! Ek is jou medeslaaf en die van jou broers, wat die getuienis van Yeshua het. Aanbid eerder God, want die getuienis van Yeshua is die gees van profesie.
11. Ek het die hemel gesien oopgaan en let op, daar was ’n wit perd en Hy wat daarop sit word genoem: Vertrouenswaardig en Waar en Hy is onpartydig opreg in oordeel en in oorlogvoering.
12. Sy oë was soos vlamme van vuur en op Sy kop was baie krone en Sy Naam wat op Hom geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hyself.Yog 1:1
13. Hy is aangetrek met klere deurweek in bloed en Sy Naam is: Die Boodskap van God.Z’kh 14:5 aangetrek met wit, skoon, fyn linne