Openbaring 16:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Ek het uit die bek van die draak, uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste sien uitkom, soos paddas,

14. want dit is geeste van demone wat wondertekens doen, wat uitgaan na die konings van die hele aarde, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog van daardie groot dag van God, wat alles vashou.

15. Let op, Ek kom soos ’n dief. Seën vir hom wat waaksaam is en sy klere beskerm sodat hy nie miskien kaal rondloop en hulle sy skaamte sien nie

16. en Hy sal hulle bymekaarmaak op die plek wat in Hebreeus genoem word Megiddo.

17. Die sewende engel het sy fles in die lug uitgegooi en ’n harde stem het vanaf die tempel, van voor die Troon, uitgegaan, wat gesê het: “Dit is afgehandel.”

18. Daar was weerlig, donderslae en ’n groot aardbewing, soos wat daar nog nooit was vandat die mense op die aarde gekom het nie, só groot was díé aardbewing.Yir 25:15,26-31

19. Die groot stad is in drie dele verdeel, die stede van die nasies het geval en God het Bavel, die grote, onthou, om vir haar die beker, met die wyn van die wraak van Sy woede, te gee.

20. Alle eilande het gevlug, berge kon nie gekry word nie

21. en groot haelkorrels van omtrent twee en veertig kilogram, het uit die lug op die mense geval en die mense het God vervloek oor die haelplaag omdat Sy plaag baie groot was.

Openbaring 16