4. Die seuns van Yisra’el het so gedoen en hulle buitekant die kamp uitgestuur, soos יהוה met Moshe gepraat het, so het die seuns van Yisra’el gedoen.
5. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
6. “Praat met die seuns van Yisra’el: as ’n man of vrou enige sonde doen, wat die mens doen uit ontrouheid teenoor יהוה en dié persoon is skuldig,
7. dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, erken en daarmee breek. Hy moet sy oortreding herstel en ’n vyfde deel daarvan bysit en hy moet dit aan dié een gee wat hy te na gekom het,
8. maar as die man geen familie het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word aan יהוה, dus aan die priester, bo en behalwe die ram van toedekking waarmee toedekking vir hom gedoen word.
9. Alle offers van al die afgesonderde geskenke van die seuns van Yisra’el wat hulle na die priester bring, sal syne wees.
10. Elkeen se afgesonderde geskenke moet syne wees: wat iemand ook al aan die priester gee, sal syne wees.”
11. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
12. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As iemand se vrou wegdraai en ontrou is teenoor hom
13. en ’n man met haar gemeenskap het, maar dit is weggesteek vir die oë van haar man en sy is nie gevang nie en dit is onbekend alhoewel sy haarself onrein gemaak het en daar was geen getuie teen haar en sy nie betrap is in die daad nie,
14. as daar ’n gees van jaloersheid oor hom kom sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar onrein gemaak het; of ’n gees van jaloersheid kom oor hom sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haarself nie onrein gemaak het nie;
15. dan moet die man sy vrou na die priester bring. Hy moet die offer vir haar saambring: ’n tiende van ’n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op gooi en geen wierook daar bysit nie, want dit is ’n graanoffer van jaloesie, ’n offer van herinnering wat die skuld onthou.
16. Die priester moet haar laat naderkom en haar voor die Teenwoordigheid van יהוה laat staan.
17. Die priester moet afgesonderde water in ’n erdepot vat en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, in die water gooi.