Numeri 4:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle moet dit met al sy bybehore op ’n dekkleed van dugongvelle neerlê en dit op die draagbaar sit.

11. Hulle moet ’n blou kleed oor die goue altaar uitsprei en dit met ’n dekkleed van dugongvelle toemaak en sy pale insteek.

12. Hulle moet ook al die bybehore vat waarmee hulle in die Afgesonderde plek diens doen en dit op ’n blou doek neerlê en met ’n dekkleed van dugongvelle toemaak en dit op die draagbaar sit.

13. Hulle moet die as van die altaar verwyder en ’n pers doek daaroor uitsprei.

14. Hulle moet al sy bybehore, waarmee hulle daarby diens doen, daarop neersit: die vuurpanne, die vurke, die skoppe, die komme, al die bybehore van die altaar en hulle moet daar ’n dekkleed van dugongvelle oor uitsprei en sy pale insteek.

15. Eers nadat Aharon en sy seuns, by die opbreek van die kamp, klaar is met die toemaak van die Afgesonderde voorwerpe en van al die bybehore van die Afgesonderde plek, moet die seuns van K’hat kom om dit te dra sodat hulle nie aan die afgesonderde dinge raak en hulle sterf nie. Hierdie dinge van die Tent van Ontmoeting is dit wat die seuns van K’hat moet dra.

Numeri 4