1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2. “Gee bevel aan die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle in die land Kena’an kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfenis sal toeval; die land Kena’an, volgens sy grense.
3. Julle suidelike grens sal van die wildernis van Tzin af, langs Edom, wees en julle suidelike grens moet vanaf die einde van die Soutsee ooswaarts wees.
4. Julle grens moet draai van die suidekant van die Steilte van `Akrabbim en aangaan na Tzin toe, eindig suid van Kadesh-Barnea en aan na Hatzar-Addar en aangaan tot by `Atzmon.
5. Die grens sal draai van `Atzmon af na die spruit van Mitzrayim toe en by die see eindig.