Numeri 34:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Gee bevel aan die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle in die land Kena’an kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfenis sal toeval; die land Kena’an, volgens sy grense.

3. Julle suidelike grens sal van die wildernis van Tzin af, langs Edom, wees en julle suidelike grens moet vanaf die einde van die Soutsee ooswaarts wees.

4. Julle grens moet draai van die suidekant van die Steilte van `Akrabbim en aangaan na Tzin toe, eindig suid van Kadesh-Barnea en aan na Hatzar-Addar en aangaan tot by `Atzmon.

5. Die grens sal draai van `Atzmon af na die spruit van Mitzrayim toe en by die see eindig.

6. Wat die westelike grens betref, julle sal die Groot See as grens hê; dit moet julle westelike grens wees.

7. Dit sal julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle afmerk na die berg toe.

8. Vanaf die berg moet julle afmerk tot by die ingang na Hamat en die grens se verste punt is by Tz’dad.

9. Die grens gaan aan tot by Zifron en eindig by Hatzar-`Einan. Dit sal julle noordelike grens wees.

10. Julle moet jul oostelike grens afmerk van Hatzar-`Einan af na Sh’fam.

11. Die grens sal afloop van Sh’fam na Rivlah, aan die oostekant van `Ayin; die grens sal afloop en raak aan die oostekant van die meer van Kinneret.

Numeri 34