36. Hulle het van `Etzyon-Gever af weggetrek en in die wildernis van Tzin, dit is Kadesh, gekamp.
37. Hulle het van Kadesh af weggetrek en by die berg Hor, aan die kant van die land van Edom, gekamp.
38. Aharon, die priester, het volgens die opdrag van יהוה op die berg Hor geklim en daar gesterf, in die veertigste jaar nadat die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uitgekom het, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
39. Aharon was honderd drie en twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
40. Die Kena’anitiese koning van `Arad, wat in die Negev, in die land Kena’an gebly het, het gehoor dat die seuns van Yisra’el kom.
41. Hulle het van die berg Hor af weggetrek en in Tzalmonah gekamp.
42. Hulle het van Tzalmonah af weggetrek en in Punon gekamp.
43. Hulle het van Punon af weggetrek en in Ovot gekamp.
44. Hulle het van Ovot af weggetrek en in `Iyei-Ha`Avarim, by die grens van Mo’av gekamp.
45. Hulle het van `Iyei-Ha`Avarim af weggetrek en in Divon-Gad gekamp.
46. Hulle het van Divon-Gad af weggetrek en in `Almon-Divlatayim gekamp.
47. Hulle het van `Almon-Divlatayim af weggetrek en in die `Avarimgebergte, voor N’vo gekamp.
48. Hulle het van die `Avarimgebergte af weggetrek en in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden oorkant Yerigo gekamp.
49. Hulle het by die Yarden, van Beit-Yeshimot af tot by Avel-HaSheetim, in die vlaktes van Mo’av gekamp.
50. יהוה het met Moshe gepraat in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden oorkant Yerigo, en gesê:
51. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle oor die Yarden in die land Kena’an ingetrek het,
52. moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdrywe en al hulle gekerfde klippe vernietig; vernietig ook al hulle gegote beelde en verwoes al hulle hoë plekke.
53. Julle moet die inwoners van die land onteien en daarin bly, want Ek het die land vir julle gegee om dit te besit.