Numeri 32:20-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Moshe sê vir hulle: “As julle dit doen, as julle jul voor יהוה vir die oorlog bewapen

21. en julle almal bewapend voor יהוה deur die Yarden trek totdat Hy Sy vyande voor Hom uit verdrywe het

22. en die land voor יהוה onderwerp is, dan mag julle teruggaan, dan sal julle onskuldig wees voor יהוה en voor Yisra’el en hierdie land sal vir julle ’n besitting word voor יהוה,

Numeri 32