Numeri 31:1-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Neem wraak vir die seuns van Yisra’el op die Midyaniete; daarna sal jy na jou volksgenote toe weggevat word.”

3. Moshe het met die volk gepraat en gesê: “Bewapen sommige vanuit julle vir oorlog en laat hulle teen Midyan optrek om die wraak van יהוה op Midyan uit te oefen:

4. ’n duisend vanuit elke stam van al die stamme van Yisra’el moet julle na die oorlog toe stuur.”

5. Daar is vanuit die duisende van Yisra’el, ’n duisend vir elke stam aangewys, twaalf duisend bewapen vir die oorlog.

6. Moshe het hulle na die oorlog gestuur, ’n duisend vir elke stam; hy het hulle na die oorlog gestuur met Pingas, die seun van El’azar, die priester, met die afgesonderde voorwerpe en die trompette om alarm te maak, in sy hand.

7. Hulle het oorlog gemaak teen Midyan, net soos יהוה Moshe beveel het en al die mans doodgemaak.

8. Hulle het ook die konings van Midyan saam met die res doodgemaak: Evi, Rekem, Tzur, Hur en Reva, die vyf konings van Midyan. Hulle het ook vir Bil’am, die seun van B’or, met die swaard doodgemaak.

9. Die seuns van Yisra’el het die vroue van Midyan en hulle kinders gevange geneem en al hulle beeste, al hulle vee en al hulle skatte geroof.

10. Toe het hulle ook al hulle stede waarin hulle gebly het en al hulle kampe met vuur verbrand

11. en al die roof en al die buit gevat, mense en diere.

12. Hulle het die gevangenes, die buit en die roof na Moshe en El’azar, die priester en na die vergadering van die seuns van Yisra’el gebring, na die kamp in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden, oorkant Yerigo.

13. Moshe, El’azar, die priester en al die leiers van die vergadering het gegaan en hulle buitekant die kamp ontmoet

14. en Moshe was kwaad vir die offisiere van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, wat van die oorlog af gekom het.

15. Moshe het vir hulle gesê: “Het julle al die vroue gespaar en hulle laat lewe?Num 25:1-5 sodat daar ’n plaag was in die vergadering van יהוה.

16. Let op, hierdie vroue het, deur die raad van Bil’am, die seuns van Yisra’el teenoor יהוה laat oortree in die saak van P’or

17. Maak daarom nou almal dood wat van die manlike geslag is onder die kinders en maak elke vrou dood wat ’n man geken het deur by hom te lê,

18. maar laat vir julleself al die vroulike kinders wat nie ’n man geken het deur by hom te lê nie, lewe.

Numeri 31