Numeri 29:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou; julle mag géén werk doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir יהוה ’n fees vier.

13. Julle moet as brandoffer, ’n offer deur vuur as ’n aangename geur tot יהוה bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

14. en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes vir elkeen van die dertien bulle, twee-tiendes vir elkeen van die twee ramme,

15. een-tiende vir elkeen van die veertien lammers

16. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer, die graanoffer en die drankoffer daarby;

17. op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

18. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

Numeri 29