Numeri 23:8-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hoe sal ek vervloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie יהוה nie verwens nie?

9. Want van die bokant van die rotse af sien ek hom en van die heuwels af let ek op hom. Let op, ’n volk wat afgesonderd woon en nie tussen die nasies gereken word nie.

10. Wie kan die stof van Ya’akov tel, of ’n kwart van Yisra’el bereken? Laat my die dood van die opregtes sterf en laat my einde soos dié van die opregte wees!”

11. Balak sê vir Bil’am: “Wat het jy my aangedoen? Ek het jou gevat om my vyande te vervloek en let op, jy het hulle in werklikheid geseën!”

12. Hy antwoord en sê: “Moet ek nie versigtig wees om alles te praat wat יהוה in my mond lê nie?”

13. Balak sê vir hom: “Kom asseblief saam met my na ’n ander plek vanwaar jy hulle kan sien; jy sal net die buitewyke van hulle sien en jy sal nie almal kan sien nie; vervloek hulle vir my van daar af.”

14. Hy het hom gebring by die veld van Tzofim, op die top van Pisgah en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

15. Hy sê vir Balak: “Bly hier staan by jou brandoffer terwyl ek יהוה daar gaan ontmoet.”

16. יהוה het Bil’am ontmoet en ’n woord in sy mond gelê en gesê: “Gaan terug na Balak en só moet jy praat.”

17. Hy het by hom gekom en let op, hy het daar by sy brandoffer gestaan en die leiers van Mo’av by hom en Balak sê vir hom: “Wat het יהוה gesê?”

18. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Staan op Balak en hoor! Luister na my, seun van Tzippor!

19. Die Magtige God is nie ’n man dat Hy sou lieg nie, of ’n mensekind dat Hy jammer sal wees nie. Het Hy gesê en sal dit nie doen nie, of het Hy gepraat en sal dit nie waar maak nie?

20. Let op, ek het ’n opdrag ontvang om te seën. Wanneer Hy seën, kan ek dit nie omkeer nie.

21. Hy het nie boosheid opgemerk in Ya’akov nie en sien geen moeilikheid in Yisra’el nie. יהוה, sy God, is met hom en die gejuig tot die Koning is tussen hulle.

22. Die Magtige God bring hulle uit Mitzrayim, Hy is vir hulle soos die lang horings van ’n wilde bul (Aurogs),

Numeri 23