Numeri 15:26-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Dit sal vir die hele vergadering van die seuns van Yisra’el, asook die besoeker wat tussen hulle bly, vergewe word, want al die mense het dit onbepland gedoen.

27. As ’n persoon onbepland sondig, moet dié ’n bokooi in haar eerste jaar as sondoffer bring.

28. So moet die priester dan toedekking doen vir die persoon wat onbepland sondig, wanneer hy onbepland sondig voor יהוה, om vir hom toedekking te doen en dit sal hom vergewe word.

29. Jy sal een wet hê vir die een wat onbepland sondig, vir die kind van die land onder die seuns van Yisra’el en die besoeker wat tussen hulle bly,

30. maar die persoon wat iets wetend doen, van die kinders van die land of van die besoeker, hy bespot יהוה en dié persoon moet afgesny word uit sy volk uit,

31. want hy het die woord van יהוה verwerp en Sy opdrag verbreek. Dié persoon moet volkome afgesny word; sy skuld sal op hom wees.’”

32. Terwyl die seuns van Yisra’el in die wildernis was, het hulle ’n man gekry wat op die Shabbatdag hout bymekaarmaak.

33. Die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moshe, Aharon en na die hele vergadering gebring.

34. Hulle het hom onder bewaking geplaas, want dit was nie verklaar wat met hom gedoen moes word nie.

35. יהוה sê vir Moshe: “Die man moet tot die dood tereggestel word; die hele vergadering moet hom buitekant die kamp met klippe stenig;”

36. daarom, soos יהוה Moshe beveel het, het die hele vergadering hom buitekant die kamp uitgebring en hom met klippe gestenig tot hy dood is.

37. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:Deut 22:12; Mat 9:20; Mat 23:5

38. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle, hulle moet vir hulle tossels maak aan die some van hul bo-klere, deur al hulle geslagte heen en hulle moet aan die tossel van elke soom ’n tou van blou stof vasbind.

Numeri 15