8. Hoe uitermate gelukkig is dié wat rein van verstand, wil en emosie is, want hulle sal God sien.
9. Hoe uitermate gelukkig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
10. Hoe uitermate gelukkig is dié wat vervolg word omdat hulle onpartydige opregtheid najaag, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel.1 Kef 4:14
11. Hoe uitermate gelukkig is julle wanneer mense julle beledig, vervolg en allerhande bose valshede teen julle praat as gevolg van My.
12. Verbly en verheug julle omdat julle beloning groot is in die hemel, want net so het hulle die profete voor julle vervolg.
13. Julle is sout vir die land, maar as sout laf geword het, hoe kan dit weer sout gemaak word? Dit is vir niks meer goed nie as om buite gegooi te word vir mense om op te trap.
14. Julle is lig vir die wêreld. ’n Dorp wat bo-op ’n berg gebou is, kan jy nie wegsteek nie.
15. Hulle steek nie ’n lamp op en sit dit onder ’n mandjie nie, maar op ’n staander sodat dit vir almal wat in die huis is, lig gee.
16. Laat julle lig op dieselfde manier skyn voor mense sodat hulle die goeie dinge wat julle doen, kan sien en julle Vader wat in die hemel is eer, lof en aanbidding bring.
17. Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te ontrafel nie. Ek het nie gekom om te ontrafel nie, maar om volledig uit te lê,Deut 4:2; Deut 12:32; Spr 30:6
18. want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Totdat die hemel en die aarde verby sal gaan, sal nie een ‘yud’ of een ‘strepie’ van die wet verbygaan voordat dit alles klaar gebeur het nie.’
19. Enige een, wat daarom aan een van die minste van hierdie opdragte ongehoorsaam is en ander só leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemel, maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van die hemel,
20. want Ek sê vir julle dat, as julle onpartydige opregtheid nie baie meer is as dié van die leraars van die wet en die Fariseërs nie, julle sekerlik nie in die Koninkryk van die hemel sal ingaan nie!Eks 20:13 en dat elkeen wat moord pleeg, verantwoording moet doen voor die gereg,