Mattityahu 28:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Teen die aand van die Shabbat, toe die eerste dag van die week begin aanbreek, kom Miryam van Migdala en die ander Miryam om na die graf te kyk.

2. Let op, daar was ’n groot aardbewing, want ’n engel van יהוה het uit die hemel afgekom en die steen van die ingang af weggerol en daarop gaan sit.

3. Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

Mattityahu 28