Mattityahu 27:35-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. maar toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp.

36. Hulle het gaan sit om daar oor Hom wag te hou

37. en bokant sy kop het hulle sy oortreding neergeskryf: HY IS YESHUA, DIE KONING VAN DIE JODE.

38. Saam met Hom is twee diewe gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.Ps 22:8

39. Die verbygangers het Hom beledig terwyl hulle hul koppe skud

40. en sê: “U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom van die kruis af!”

Mattityahu 27