Mattityahu 25:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en aan die een gee hy vyf talente en aan die ander, twee en aan die ander, een, aan elkeen na sy vermoë en hy het dadelik na ’n ander land vertrek.

16. Die een wat die vyf talente gekry het, het daarmee gaan handel dryf en vyf ander talente bygekry.

17. Net so het die een wat die twee gekry het, self ook twee ander bygekry,

18. maar hy wat die een ontvang het, het gegaan en in die grond gegrawe en sy meester se geld begrawe.

19. Ná ’n lang tyd het die slawe se meester gekom en hulle rekenings uitgewerk

20. en die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring nog vyf talente en sê: ‘My meester, vyf talente het u vir my gegee; ek het nog vyf talente bygevoeg’

21. en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

22. Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’

23. Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

24. Die een wat een talent ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, ek het u geken dat u ’n harde man is wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u nie gedors het nie

25. en ek was bang. Ek het gegaan en u talent in die grond begrawe. Let op, dit wat aan u behoort.’

26. Sy meester antwoord en sê vir hom: ‘Jou slegte en lui slaaf, jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar ek nie gedors het nie.

Mattityahu 25