Mattityahu 13:45-58 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

45. Weer: die Koninkryk van die hemel is soos ’n handelaar wat mooi pêrels soek

46. en toe hy ’n sekere pêrel vind wat voor die hand liggend baie kosbaar is, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het en koop dit.

47. Weer: die Koninkryk van die hemel is soos ’n net wat in die see gegooi word en van alle soorte bymekaarmaak

48. en toe dit vol was, het hulle dit op die strand uitgebring en gaan sit en dit uitgesoek. Die goeies het hulle in houers gesit en die slegtes uitgegooi.

49. So sal dit wees aan die einde van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense van die onskuldiges afskei

50. en hulle in die intensiteit van vuur gooi. Daar sal gehuil wees en gekners van tande.”

51. Yeshua sê vir hulle: “Het julle ál hierdie dinge verstaan?” Hulle antwoord Hom: “Ja, ons Meester!”

52. Hy sê vir hulle: “As gevolg hiervan is elke leraar van die wet, wat opgelei word vir die Koninkryk van die hemel, soos die meester van ’n huis wat uit sy skat nuwe en ou dinge bring.”

53. Dit was nadat Yeshua klaar was met hierdie vergelykende stories dat Hy daarvandaan weggegaan het

54. en Hy het in Sy stad gekom en hulle in hulle bymekaarkomplekke geleer sodat hulle verslae was en gesê het: “Van waar kry Hy hierdie wysheid en wonderwerke vandaan?

55. Is hierdie nie die seun van die skrynwerker nie? Is die naam van sy moeder nie Miryam en dié van sy broers Ya’akov, Yosef, Shim’on en Y’hudah nie?

56. Al Sy susters, let op, is hulle nie almal by ons nie? Van waar kry Hy dan al hierdie dinge?”

57. Hulle het aanstoot geneem, maar Yeshua sê vir hulle: “Daar is nie ’n profeet wat verag word nie, behalwe in sy tuisdorp en in sy huis.”

58. Hy het, vanweë hulle gebrek aan vertroue, nie baie wonderwerke daar gedoen nie.

Mattityahu 13