26. en as die teëstander die teëstander uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld en hoe kan sy koninkryk dan bly staan?
27. As Ek deur Ba’al-Z’vuv die demone uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Hieroor sal hulle julle regters wees
28. en as Ek deur die Gees van God die demone uitdryf, dan het die Koninkryk van God naby julle gekom.
29. Of hoe kan iemand in die huis van ’n magtige man ingaan en sy goed plunder, as hy nie eers die magtige man vasgebind het nie? Dán kan hy sy huis plunder.
30. Wie ook al nie saam met My is nie, is teen My en hy wat nie saam met My bymekaarmaak nie, jaag uitmekaar.
31. As gevolg hiervan sê Ek vir julle: ‘Elke sonde en kwaadpraat sal die mense vergewe word, maar die kwaadpraat teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie
32. en elkeen wat ’n woord praat teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word, maar elkeen wat praat teen die Gees van Afsondering, dit sal hom nie vergewe word nie; nie in hierdie wêreld nie en ook nie in die wêreld wat voorberei word nie.’
33. Produseer òf soos ’n goeie boom met goeie vrugte, òf soos ’n slegte boom met slegte vrugte, want die boom word aan sy vrugte geken.
34. Kinders van adders, hoe is dit moontlik dat julle voordelige dinge kan praat terwyl julle waardeloos is? Want uit die volheid van die verstand, wil en emosie praat die mond.
35. Die bruikbare mens bring uit die goeie skat bruikbare dinge te voorskyn en die bose mens bring uit die bose skat bose dinge te voorskyn,
36. want Ek sê vir julle dat van elke waardelose woord wat mense praat, sal hulle ’n antwoord moet gee in die oordeelsdag,
37. want deur jou woorde sal jy onskuldig beskou word en deur jou woorde sal jy skuldig bevind word.”
38. Toe antwoord sommige van die leraars van die wet en Fariseërs en sê vir Hom: “Leermeester, ons wil ’n teken van U sien.”
39. Hy antwoord hulle egter en sê: “’n Slegte en hoererende geslag soek na ’n teken en geen teken sal aan dié gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Yonah,Yon 2:1 net só sal die Seun van die mens drie nagte en drie daeLuk 11:30 in die middel van die aarde wees.