1. Hy het Sy twaalf studentevolgelinge na Hom toe geroep en aan hulle outoriteit gegee oor vuil geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke pyn te genees.
2. Hierdie was die name van die twaalf afgevaardigdes: eerstens, Shim’on wat genoem word Kefa en Andréas, sy broer; Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy broer;
3. Filippos en die seun van (Bar)-Talmai; T’oma en Mattityahu, die belastinggaarder; Ya’akov, die seun van (Bar)-Halfai en Labi wat genoem word Taddai;
4. Shim’on die Yweraar en Y’hudah van K’riot, wat Hom oorgegee het.
5. Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: “Moenie, op pad, na die ander volke toe gaan nie en moenie in die stede van Shomron ingaan nie,
6. maar gaan spesifiek na die verlore skape van die huis van Yisra’el
7. en wanneer julle gaan, kondig aan en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’
8. Genees siekes, reinig melaatses, dryf demone uit. Sonder betaling is dit ontvang, sonder betaling moet dit gegee word.
9. Moenie goud of silwer of koper in julle beurse hou nie,
10. geen sak vir die pad of twee kledingstukke of sandale of ’n wandelstok nie, want die arbeider is sy versorging waardig,
11. maar in watter stad of dorp julle ook al ingaan, onderskei wie waardig is en bly dan dáár totdat julle vertrek.
12. Wanneer julle in ’n huis ingaan, spreek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid oor die huishouding