5. Die Fariseërs en die leraars van die wet vra vir Hom: “Waarom leef U studentevolgelinge nie volgens die tradisies van die oudstes nie, maar eet brood met ongewaste hande?”
6. Hy antwoord en sê vir hulle: “Yesha’yahu het reg geprofeteer oor julle, toneelspelers van ’n vals karakter, soos geskrywe is: ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle gedagtes en wil is ver van My afYes 29:13
7. en verniet vereer hulle My deur leringe te leer wat opdragte van mense is,’
8. want julle verwerp die opdragte van God, maar behou die tradisies van mense: die seremoniële was van potte en bekers en baie ander dinge, dit doen julle.”
9. Hy sê vir hulle: “Julle verwerp wel die opdragte van God om sodoende julle tradisies te bevestig,Eks 20:12 ; Deut 5:16 en: ‘Hy wat sleg praat van vader of moeder,Eks 21:17; Lev 20:9 moet die dood sterf,’
10. want Moshe het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’
11. maar julle sê: ‘As ’n mens aan vader of moeder sê: Wat ek vir u tot voordeel kon gee is my offergawe,’
12. dan laat julle hom niks meer doen vir sy vader of sy moeder nie.
13. Julle onteer die boodskap van God ter wille van die tradisies wat julle begin het en julle doen baie soortgelyke dinge.”
14. Yeshua het na die hele menigte mense geroep en vir hulle gesê: “Luister almal na My en verstaan: