9. Hy sê vir hulle: “Wie ore het wat hoor, laat hom luister.”
10. Toe Hy egter alleen was, het die wat saam met die twaalf, naby Hom was, Hom aangaande die vergelykende storie gevra
11. en Yeshua sê vir hulle: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die Koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, is alles in vergelykende storiesYes 6:9-10 herhaaldelik kyk en nie sien nie en herhaaldelik hoor en nie verstaan nie sodat hulle nie dalk omdraai na God toe en die sondes hulle vergewe word nie.”
12. sodat hulle
13. Hy sê vir hulle: “Verstaan julle nie hiérdie vergelykende storie nie en hoe sal julle dan enige vergelykende storie kan verstaan?
14. Die saaier wat saai, saai die boodskap
15. en hulle wat langs die pad is, is dié waar die boodskap gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die teëstander dadelik en neem die boodskap weg wat in hulle verstand gesaai is.
16. Die wat op rotsagtige plekke gesaai word, is hulle wat, as hulle die boodskap hoor, dit dadelik met vreugde aanneem,
17. maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd en wanneer daar druk of vervolging kom ter wille van die boodskap, gee hulle aanstoot.
18. Die wat tussen die dorings gesaai word; dit is húlle wat die boodskap hoor
19. en die belange van hierdie wêreld, die misleiding van rykdom en al die ander begeertes wat inkom, versmoor die boodskap en dit word onvrugbaar.
20. Húlle wat op die goeie grond gesaai is, is húlle wat die boodskap hoor, aanvaar en vrugte dra: een dertig-, een sestig- en een honderdvoudig.”
21. Hy sê vir hulle: “Iemand bring nie ’n lamp om dit onder die maatemmer of onder die bed te sit nie. Moet dit nie op die lampstaander gesit word nie?