23. Hulle het vir Hom wyn gemeng met mirre gegee om te drink, maar Hy het dit nie gedrink nie.
24. Toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.
25. Dit was die derde uur (nege-uur die oggend) toe hulle Hom gekruisig het
26. en op die inskripsie met die rede vir Sy dood is geskryf: ‘DIE KONING VAN DIE JODE.’
27. Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een aan Sy regterkant en een aan sy linkerkantYes 53:12
28. en die Skrif is vervul wat sê: ‘En Hy is by die wetteloses gereken.’Ps 22:8,9
29. Die verbygangers het kwaadgepraat van Hom terwyl hulle hul kop skud en sê: “O! Vernietiger van die tempel en die een wat dit in drie dae opbou,
30. red Uself en kom van die kruis af!”
31. Net so het die leierpriesters ook onder mekaar en saam met die leraars van die wet gespot en vir mekaar gesê: “Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie.
32. Gesalfde Een, Koning van Yisra’el, kom nou van die kruis af sodat ons kan sien en ons sal vertrou!” Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
33. Toe die sesde uur (12 uur middag) aanbreek, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur (15:00) toePs 22:2
34. en in die negende uur het Yeshua met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “Eil, Eil, l’mana sh’vakthani?” wat beteken: “My Magtige God, My Magtige God, waarom spaar U My nog (duur dit voort)?”