Markos 14:39-49 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Weer het Hy gegaan en dieselfde woorde gebid

40. en toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer terwyl hulle slaap, want hulle oë was swaar en hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie.

41. Hy kom vir die derde keer en sê vir hulle: “Slaap nou maar en rus. Dit is genoeg! Die einde en die uur het gekom. Let op, die Seun van die mens is oorgelewer in die hande van die sondaars.

42. Staan op, laat ons gaan. Let op, hy wat My oorgee, is naby.”

43. Terwyl Hy nog praat, kom Y’hudah, van K’riot, wat een van die twaalf was en saam met hom baie mense met swaarde en stokke, gestuur deur die leierpriesters, die leraars van die wet en die oudstes.

44. Die een wat Hom sou oorgee, het ’n teken met hulle afgespreek en gesê: “Die een wat ek sal soen, is Hy; gryp Hom en neem Hom onder bewaking weg.”

45. Toe hy naderkom, gaan hy dadelik na Hom toe en sê: “Leermeester, Leermeester!” en soen Hom.

46. Hulle het hul hande aan Hom geslaan en Hom gegryp,

47. maar een van die wat naby gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy oor afgekap.

48. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Het julle soos teen ’n rower gekom met swaarde en stokke om My te vang?

49. Ek was elke dag by julle in die tempel en het geleer en julle het My nie gevang nie, maar hierdie het gebeur dat die Skrifte vervul sou word.”

Markos 14