Markos 12:21-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. en die tweede het haar gevat en gesterf en hy het ook geen seuns nagelaat nie en die derde net so.

22. Al sewe het haar gevat en geen seuns nagelaat nie. Laaste van almal is die vrou ook dood.

23. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees, want al sewe het haar as vrou gehad?”

24. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Is dit nie die rede hoekom julle dwaal nie: dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?

25. Wanneer hulle uit die dood opstaan, vat hulle nie vrouens nie en word hulle nie mans se vrouens nie, maar is hulle net soos die engele in die hemel.Eks 3:6

26. Wat die opstaan van dooies betref, het julle nie gelees in die Skrifte van Moshe hoedat God vir hom vanaf die doringbos gesê het: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov nie?’

27. Hy is nie God van die dooies nie, maar God van lewendes. Daarvolgens dwaal julle grootliks.”

28. Een van die leraars van die wet, wat nadergekom het en gehoor het wat hulle bespreek, sien dat Hy hulle goed geantwoord het en hy vra vir Hom: “Watter een is die eerste opdrag van almal?”

29. Yeshua antwoord hom: “Die eerste van al die opdragte is: ‘Luister, hoor en doen Yisra’el, יהוה is ons God, יהוה is Een’Deut 6:4-5

30. en: ‘jy moet יהוה, jou God, liefhê vanuit jou hele verstand, wil en emosie; vanuit jou hele gees; vanuit al jou begrip en verbeelding en vanuit al jou krag.’ Dit is die eerste opdragLev 19:18

31. en die tweede, wat net soos hy is, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander opdrag groter as hierdie nie’.”

32. Die leraar van die wet sê vir Hom: “Uitstekend, Leermeester, U het met waarheid gesê dat God Een is en dat daar geen ander is behalwe Hy nie

33. en om Hom lief te hê vanuit die hele verstand, wil en emosie, vanuit die hele gees, vanuit al die begrip en verbeelding en vanuit al die kragte en om die naaste lief te hê soos jouself, is belangriker as enige brandoffers en offerandes.”

Markos 12