Markos 11:2-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en sê vir hulle: “Gaan na die dorp reg oorkant ons en dadelik as julle inkom, sal julle ’n vul, waar geen mens op gesit het nie, vind wat vasgemaak is. Maak hom los en bring hom

3. en as iemand vir julle vra: ‘Waarom doen julle dit?’ moet julle antwoord: ‘Hy is nodig vir ons Meester’ en dadelik sal hy hom hierheen stuur.”

4. Hulle het gegaan en die vul vasgemaak gekry aan die hek, buitekant in die straat en hom losgemaak.

5. Van die mense wat daar staan sê vir hulle: “Wat doen julle om die vul los te maak?”

6. Hulle antwoord hul net soos Yeshua beveel het en hulle het die studentevolgelinge toegelaat.

7. Hulle het die vul na Yeshua gebring en hulle klere daarop gegooi en Yeshua het op hom gery,

8. maar baie het hulle klere op die pad uitgesprei en ander het takke afgekap van die bome af en op die pad uitgesprei.

9. Die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeskreeu en gesê: “Red ons nou, Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter van יהוה:Ps 118:25-26

10. Geseënd is die Koninkryk wat kom vanaf ons vader Dawid. U in die hoogste, red ons nou!”

11. Yeshua het Yerushalayim binnegegaan en in die tempel gekom en Hy het na alles gekyk. Toe dit aand was, het Hy saam met die twaalf uitgegaan na Beit-Anyah.

12. Die volgende dag, toe hulle uit Beit-Anyah uitgaan, was Hy honger

13. en Hy sien van ver af ’n vyeboom met blare aan en Hy het daarheen gegaan in die verwagting om iets daaraan te kry om te eet en toe Hy by dit kom, kry Hy niks behalwe blare nie, want dit was nie die seisoen vir vye nie.

14. Hy sê vir dit: “Van nou af tot in ewigheid sal niemand van jou ’n vrug eet nie!” Sy studentevolgelinge het dit gehoor en hulle het in Yerushalayim gekom.

15. Yeshua het in die tempel ingegaan en Hy het begin om die wat in die tempel verkoop en koop uit te jaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers om te gooi.

16. Hy het niemand toegelaat om enige handelsvoorwerp in die tempel in te dra nieYes 56:7 maar julle het dit ’n grot vir plunderaars gemaak.”Yir 7:11

17. en Hy het geleer en vir hulle gesê: “Is daar nie geskrywe: ‘My huis moet ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie,’

18. Die leraars van die wet en die leierpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon vernietig, want hulle was bang vir Hom omdat al die mense verstom was oor Sy leringe.

Markos 11