Markos 11:17-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. en Hy het geleer en vir hulle gesê: “Is daar nie geskrywe: ‘My huis moet ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie,’

18. Die leraars van die wet en die leierpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon vernietig, want hulle was bang vir Hom omdat al die mense verstom was oor Sy leringe.

19. Toe dit aand word, het hulle uitgegaan, buitekant die stad

20. en in die oggend toe hulle verbygaan, sien hulle die vyeboom: verdroog van die wortels af

21. en Shim’on het onthou en vir Hom gesê: “Leermeester, let op, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.”

22. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle moet vertroue, wat van God is, in julle hê,

23. want, dit is waar, Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jouself op en werp jou in die see’ en nie in sy gedagtes twyfel nie, maar vertrou dat wat hy sê, sal gebeur, dit sal vir hom gedoen word; net wat hy sê.

24. Ek sê daarom vir julle: ‘Alles wat julle in gebed vra, vertrou dat julle besig is om dit te ontvang en dit sal so wees vir jou

25. en wanneer julle staan en bid, vergewe as julle iets teen iemand het sodat julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredinge kan vergewe,

26. maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemel is, ook nie julle oortredinge vergewe nie’.”

Markos 11