1. Dit was op die Shabbat dat Yeshua deur die graan geloop het. Sy studentevolgelinge het are gepluk en met hulle hande uitgevryf en geëet.
2. Sommige van die Fariseërs sê vir hulle: “Hoekom doen julle dit wat nie toegelaat is om op die Shabbat gedoen te word nie?”
3. Yeshua antwoord hulle en sê: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy honger was nie, hy en die wat by hom was,
4. hoe hy in die huis van God ingegaan en die brode van die tafel van יהוה gevat en geëet het en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat nie reg was dat hulle dit mag eet nie, maar net die priesters alleen?”
5. Hy sê vir hulle: “Die Seun van die mens is die Meester van die Shabbat.”
6. Dit het gebeur op ’n ander Shabbat dat Hy weer in die bymekaarkomplek ingegaan en geleer het en daar was ’n man en sy regterhand was uitgedroog.
7. Die leraars van die wet en die Fariseërs het Hom dopgehou, of Hy op die Shabbat sou gesond maak sodat hulle Hom kon beskuldig,
8. maar Hy het hulle planne geken en sê vir die man met die verdorde hand: “Kom hier na die middel toe” en hy het daar kom staan.
9. Yeshua sê vir hulle: “Ek vra vir julle wat is reg om op die Shabbat te doen: om goed te doen of kwaad; om ’n lewe te red of te vernietig?”
10. Hy het na hulle almal gekyk en vir hom gesê: “Maak reguit jou hand en hy steek dit uit en sy hand is herstel, soos die ander een,
11. maar hulle is met jaloesie vervul en het onder mekaar bespreek wat hulle met Yeshua moet doen.
12. Dit het in daardie dae gebeur dat Yeshua uitgegaan het na ’n berg om te bid en Hy was die hele nag in gebed tot God
13. en toe dit dag geword het, het Hy Sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en twaalf uit hulle gekies, wat Hy afgevaardigdes genoem het:
14. Shim’on, wat Hy Kefa genoem het en Andréas, sy broer; Ya’akov en Yoganan; Filippos en die seun van (Bar-)Talmai;
15. Mattityahu en T’oma; Ya’akov die seun van Halfai en Shim’on wat Yweraar genoem word;
16. Y’hudah, die seun van Ya’akov en Y’hudah van K’riot, wat die verraaier geword het.
17. Yeshua het saam met hulle afgeklim en in die vallei gaan staan en daar was ’n menigte van Sy studentevolgelinge en ’n groot menigte mense van die hele Y’hudah, Yerushalayim en van die kus van Tzor en Tzidon af
18. wat gekom het om Sy boodskap te hoor en van hulle siektes gesond gemaak te word en ook die wat lastig geval was deur onrein geeste, is genees.