Levitikus 27:9-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. As dit ’n dier is wat ’n man as offer tot יהוה mag bring, moet alles wat hy gee vir יהוה, afgesonder wees.

10. Hy mag dit nie vervang of omruil nie; ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie, maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde dier afgesonder wees.

11. As dit enige onrein dier is wat ’n man nie tot יהוה mag offer nie, moet hy die dier voor die priester bring

12. en die priester moet dit evalueer of dit goed of sleg is; soos jy, die priester, dit evalueer, so sal dit wees,

13. maar as hy dit wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van jou waardasie bysit.

14. As iemand sy huis afsonder om afgesonder te wees tot יהוה, moet die priester dit evalueer of dit goed of sleg is; soos die priester dit evalueer, so moet dit bly.

15. As hy wat dit afgesonder het, sy huis wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie bysit; dan sal dit syne wees.

16. As iemand ’n stuk land van sy besitting tot יהוה afsonder, moet jou waardasie wees volgens die saad daarvoor: ’n homer garssaad word op vyftig sikkels silwer waardeer.

17. As hy sy stuk land van die jubeljaar af afsonder, sal jou waardasie staan,

18. maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar afsonder, moet die priester vir hom die geld bereken volgens die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is en dit moet van jou waardasie afgetrek word.

19. As hy wat die stuk land afgesonder het, wil betaal om dit los te koop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie daar bysit en dit sal vir hom bevestig wees.

20. As hy die stuk land nie losgekoop het nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop het, mag dit nie meer losgekoop word nie,

21. maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan יהוה afgesonder wees soos ’n toegewyde land; dit sal die besit van die priester wees.

22. As ’n man aan יהוה ’n stuk land afsonder wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,

23. moet die priester vir hom die bedrag van die waardasie tot die jubeljaar bereken en hy moet op dieselfde dag die waardasie gee as ’n afgesonderde gawe aan יהוה.

24. In die jubeljaar moet die stuk land teruggaan na hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat die land besit as ’n besitting.

25. Alles wat jy evalueer, moet volgens die sikkel van die Afgesonderde plek wees; die sikkel moet twintig gera wees.

26. Die eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan יהוה behoort, dit mag niemand afsonder nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee, dit behoort aan יהוה.

Levitikus 27