1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As iemand ’n uitsonderlike gelofte van ’n lewe deur waardasie tot יהוה aflê
3. en as jou waardasie vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar oud is, dan moet jou waardasie vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek.
4. As dit ’n vrou is, dan moet jou waardasie dertig sikkels wees.
5. Van vyf tot twintig jaar oud, moet jou waardasie vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels
6. en vir iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, moet jou waardasie vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou waardasie vir die vroulike drie sikkels silwer
7. en vir iemand van sestig jaar oud en ouer; vir ’n manspersoon, moet jou waardasie vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels,
8. maar as hy te arm is vir jou waardasie, moet hy voor die priester kom en die priester moet vir hom ’n waarde gee, volgens wat hy, wat die gelofte gedoen het, kan bekostig, moet die priester hom evalueer.Hand 21:24
9. As dit ’n dier is wat ’n man as offer tot יהוה mag bring, moet alles wat hy gee vir יהוה, afgesonder wees.
10. Hy mag dit nie vervang of omruil nie; ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie, maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde dier afgesonder wees.
11. As dit enige onrein dier is wat ’n man nie tot יהוה mag offer nie, moet hy die dier voor die priester bring
12. en die priester moet dit evalueer of dit goed of sleg is; soos jy, die priester, dit evalueer, so sal dit wees,
13. maar as hy dit wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van jou waardasie bysit.
14. As iemand sy huis afsonder om afgesonder te wees tot יהוה, moet die priester dit evalueer of dit goed of sleg is; soos die priester dit evalueer, so moet dit bly.
15. As hy wat dit afgesonder het, sy huis wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie bysit; dan sal dit syne wees.
16. As iemand ’n stuk land van sy besitting tot יהוה afsonder, moet jou waardasie wees volgens die saad daarvoor: ’n homer garssaad word op vyftig sikkels silwer waardeer.