Levitikus 25:40-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Soos ’n huurling, soos ’n besoeker, moet hy by jou wees en jou dien tot die jubeljaar toe;

41. dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom en hy moet na sy familie terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan,

42. want hulle is My knegte wat Ek uit Mitzrayim uitgelei het; hulle mag nie verkoop word as slawe nie.Eks 21:2-6

43. Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God respekvol vrees.

Levitikus 25