Levitikus 22:15-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hulle moenie die afgesonderde gawes wat die seuns van Yisra’el aan יהוה afgee, onteer nie

16. en húlle die skuld van die oortredingsoffer laat dra as hulle die afgesonderde gawes sou eet nie, want Ek, יהוה, sonder hulle af.’ “

17. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

18. “Praat met Aharon en sy seuns en met al die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Enige man uit die huis van Yisra’el, of uit die besoekers in Yisra’el, wat enige van sy offers vir al sy geloftes, of enige van sy vrywillige offers, wat hy aan יהוה as ’n brandoffer bring,

19. vir julle bring om te aanvaar, moet ’n manlike dier sonder gebrek bring, van die beeste, die skape of die bokke.

20. Julle mag nie enige iets met ’n liggaamsgebrek bring nie, want dit sal nie aanvaarbaar wees vir julle nie.

21. Wie ook al ’n vredesoffer, of ’n vrywillige offer, aan יהוה offer, om ’n spesiale gelofte na te kom, van die beeste of die kleinvee, moet ’n volmaakte dier bring om aanvaar te word; dit mag geen liggaamsgebrek hê nie.

22. Dit wat blind of gebrekkig of vermink is of swere, skurfte of uitslag het, moet julle nie tot יהוה bring nie en daarvan mag julle vir יהוה geen offer, deur vuur, op die altaar lê nie.

23. ’n Bees of stuk kleinvee wat enige iets misvorm of te kort het, mag jy as ’n vrywillige offer bring, maar as gelofteoffer sal dit nie aanvaar word nie.1 Kon 19:21

24. ’n Dier wat vermink, vergruis, verskeur of gesny is, mag julle nie tot יהוה offer nie: in julle land mag julle dit nie doen nie.

25. Uit die hand van ’n vreemdeling mag julle ook nie enige diere aan julle God as kos bring nie, want hulle korrupsie is in hulle, daar is gebreke aan hulle: hulle sal nie vir julle aanvaar word nie.’”

26. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

27. “As ’n bees of ’n lam of ’n bok gebore word, moet dit sewe dae lank by sy moeder bly en van die agtste dag af en verder sal dit aanvaarbaar wees as ’n offer, deur vuur gebring, aan יהוה,

28. maar ’n koei of ’n ooi mag julle nie saam met haar kleintjie op een dag doodmaak nie.

29. Wanneer jy ’n dankoffer aan יהוה bring, moet julle dit so bring dat julle aanvaar sal word.

30. Dit moet op dieselfde dag geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die oggend toe nie. Ek is יהוה.

Levitikus 22