Levitikus 19:27-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Julle mag die rand van julle kophare nie rond afskeer nie en ook nie die rand van julle baarde skend nie.Lev 21:5

28. Julle mag geen snye in julle vlees maak ter wille van ’n dooie nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie.Deut 14:1,2 Ek is יהוה.

29. Moenie jou dogter onrein maak deur haar toe te laat in hoerery nie sodat die land nie in prostitusie verval en die land vol wetteloosheid word nie.

30. Julle moet My Shabbatte hou en My Afgesonderde plek respekteer. Ek is יהוה.

31. Julle sal nie na mediums draai en fortuinvertellers opsoek om deur hulle onrein gemaak te word nie. Ek is יהוה, julle God.

32. Jy moet opstaan voor dié met grys hare en die teenwoordigheid van ’n ou man eer1 Tim 5:1 en jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.

33. Wanneer ’n vreemdeling by jou in jou land bly, mag julle hom nie benadeel nie.

34. Die vreemdeling wat by julle besoek, moet vir julle wees soos een wat onder julle gebore is en jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in die land van Mitzrayim. Ek is יהוה, julle God.

35. Julle mag geen onregverdigheid doen in bepalings, in mate van gewig of inhoudsmaat nie.

36. Julle moet ’n korrekte weegskaal hê, korrekte weegstene, ’n korrekte efa en ’n korrekte hin. Ek is יהוה, julle God, wat julle uit die land van Mitzrayim uitgebring het;

Levitikus 19