Levitikus 18:23-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur onrein te maak nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee gemeenskap te hê nie. Dit is ’n gruwelikheid.

24. Moenie julleself deur al hierdie dinge onrein maak nie, want deur al hierdie dinge is die ander nasies onrein, wat Ek voor julle uit verdryf,

25. want die land het onrein geword en Ek besoek sy boosheid oor dit sodat die land sy inwoners uitspoeg.

Levitikus 18