14. Op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat en voor יהוה kom, by die ingang van die Tent van Ontmoeting en dit vir die priester gee.
15. Die priester moet hulle offer, die een as ’n sondoffer en die ander as ’n brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy uitskeiding toedekking doen voor יהוה.
16. As daar saad van ’n man af uitgaan, moet hy sy hele liggaam in water was en hy sal onrein wees tot die aand toe.
17. Elke kledingstuk en elke veldeel waar die saad op kom, moet in water gewas word en dit bly onrein tot die aand toe.
18. As ’n man met ’n vrou gemeenskap het sodat daar saad afkom, moet albei in water was en hulle sal onrein wees tot die aand toe.