5. Die priester moet hom op die sewende dag ondersoek en let op as die seer dieselfde lyk soos dit was, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog sewe dae lank isoleer.
6. Die priester moet hom weer op die sewende dag ondersoek en as hy sien dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is ’n uitslag; hy moet sy klere was en is rein,
7. maar as die uitslag enigsins op die vel versprei nadat hy hom aan die priester gewys het vir sy reiniging, moet hy nog ’n keer deur die priester ondersoek word
8. en as die priester sien dat die uitslag op die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.
9. Wanneer melaatse sere op ’n mens is, moet hy na die priester gebring word
10. en die priester moet hom ondersoek en let op, as daar ’n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het terwyl daar rou vlees in die swelsel is,
11. dan is dit ’n verouderde melaatsheid op die vel van sy vlees en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie isoleer nie, want hy is onrein.
12. As die melaatsheid oor sy hele vel uitbreek sodat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien,
13. moet die priester dit ondersoek en as die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein,
14. maar die dag as rou vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;
15. as die priester die rou vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die rou vlees is onrein, dit is melaatsheid.
16. As die rou vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.
17. As die priester hom dan ondersoek en let op, die aangetaste plek het wit geword, dan moet die priester die seer rein verklaar; hy is rein.
18. As daar in die vlees, naamlik in die vel, ’n sweer is en gesond word,