Levitikus 13:42-50 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. As daar op die bles kop of voorkop ’n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek op die bles van sy kop of voorkop.

43. Die priester moet hom ondersoek en let op, as die swelsel van die seer op die bles van sy kop of voorkop rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,

44. dan is hy ’n melaatse, hy is onrein. Die priester moet hom onrein verklaar; die plaag is op sy kop.

45. Die melaatse op wie die plaag is, moet sy klere skeur en sy kop ontbloot; hy moet ook sy snor bedek en uitroep: “Onrein, onrein!”

46. Hy is onrein. Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Hy is onrein en moet alleen bly; sy blyplek moet buitekant die kamp wees.

47. As ’n kledingstuk ’n melaatse kol op het, ’n kledingstuk van wol of linne;

48. of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in leer of enige leerwerk

49. en die kol in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leer voorwerp groenerig of rooierig is, dan is dit ’n melaatse kol en moet hulle dit vir die priester wys.

50. Die priester moet die kol ondersoek en dit wat die kol het sewe dae lank isoleer.

Levitikus 13