Levitikus 13:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “As ’n mens op die vel van sy vlees ’n swelsel, vlokkies of helder vlek het en dit in die vel van sy vlees soos ’n melaatse seer word, moet hy na die priester Aharon of na een van sy seuns, die priesters, gebring word.

3. Die priester moet die aangetaste plek op die vel van die vlees ondersoek. As die hare op die plek wit geword het en die plek lyk dieper as die vel van sy vlees, dan is dit ’n melaatse seer en die priester moet hom ná die ondersoek onrein verklaar.

Levitikus 13