Levitikus 10:18-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Let op, die bloed daarvan is nie binne-in die Afgesonderde plek ingebring nie. Julle moes dit sekerlik in die Afgesonderde plek geëet het, soos ek beveel het.”

19. Aharon sê vir Moshe: “Let op, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag die sondoffer geëet het, sou dit aanvaarbaar gewees het in die oë van יהוה?”

20. Toe Moshe dit hoor, was dit goed in sy oë.

Levitikus 10