Levitikus 1:4-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê sodat dit aanvaar mag word om namens hom toedekking te doen.

5. Hy moet die jong bul voor יהוה doodmaak en die seuns van Aharon, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar, wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is, sprinkel.

6. Hy moet dan die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.

7. Die seuns van Aharon, die priester, moet vuur op die altaar sit en hout op die vuur regpak.

Levitikus 1